Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS - SONDAG 05 OKTOBER 2008

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word.

Oudio is ook beskikbaar via die web www.sarl.org.za; klik op ARMI en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie - en vorige bulletins - kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is (Naam en Roepsein), vanuit Pretoria met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB, asook op 51,400, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoria-gebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTELS

Dit is met diep leedwese dat die heengaan van twee radioamateurs aangekondig moet word.

Alan Franszen, ZS6BIK, ook bekend as ZS1FG, het oor die naweek van 13/14 September stil geraak nadat hy in ‘n koma gegaan het.

Wessel du Preez, ZS5BLY, van Himeville, voorheen ZS6BLY van Pretoria, is op 2 oktober oorlede na lang teenwoordige, maar eers onlangs gediagnoseerde, kanker. Wessel was die huidige voorsitter van die Midlands Amateurradioklub. Hy het ook voorheen hierdie pos vervul.

Ons betuig ons innige meegevoel met die families en vriende van die afgestorwenes.

[POUSE]

In die nuus vandag:

SARL LĘ AMATEURRADIO SE BESWARE AAN OKOSA VOOR

VOORBEREIDINGS VIR WRK-11 BEGIN

VERDWENE AMATEUR NA 25 JAAR MET VRIENDE VERENIG

WęRELDRUIMTEWEEK 4 TOT 10 OKTOBER – ONTSYFER ‘N SLAGSPREUK

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

SARL LĘ AMATEURRADIO SE BESWARE AAN OKOSA VOOR

Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, en Francoise Both, ZS6BUU, het voorleggings gemaak by OKOSA se verhoor oor kraglyntelekommunikasie wat verlede Woensdag en Donderdag in Sandton plaasgevind het. ZS6AKV het die SARL se beswaar teen die konsepregulasies voorgelę en ZS6BUU het verduidelik hoe kraglyntelekommunikasie op noodkommunikasie kan inbreuk maak.

Daar is ’n sterk saak daarvoor uitgemaak dat alle HF-amateurfrekwensies ingekeep moet wees, wat beteken dat alle draervlakke op kraglyntelekommunikasie met ’n aansienlike faktor op HF-amateurfrekwensies verminder sal word.

OKOSA se reaksie was dat hy deur die wet verplig word om gelisensieerde radiodienste teen steuring te beskerm. Omdat amateurradio ’n gelisensieerde radiodiens is, sal OKOSA amateurfrekwensies beskerm en optree teen kraglyntelekommunikasie-operateurs wat steering veroorsaak. OKOSA vra toe of die SARL dan nog op inkeping sou aandring. ZS6AKV het bevestig dat die SARL steeds aandring op inkeping, omdat grootskeepse kraglynkommunikasie-installasies tot ’n stroom klagtes sou lei wat OKOSA nie vinnig genoeg sou kon oplos om ontwrigting van die amateurradiodiens te voorkom nie.

ZS6BUU het ’n sterk saak daarvoor uitgemaak dat alle noodfrekwensies wat deur radioamateurs gebruik word, ingekeep moet word.

Daar was verskeie ander voorleggings, wat oorwegend kommer uitgespreek het oor moontlike steurings deur kraglyntelekommunikasie.

OKOSA sal nou beraadslaag en die tussentydse regulasies finaliseer en hulle binnekort in die Staatskoerant publiseer. Die interimregulasies val weg en word vervang wanneer CISPR die internasionale standaarde afgehandel het. Die jongste CISPR-voorstelle, wat tydens die organisasie se vergadering in November bespreek sal word, sluit die inkeping van amateurradio-frekwensies sowel as ’n vermindering van steuringslimiete in. Die Suid-Afrikaanse afvaardiging het opdrag gekry om teen enige verslapping van die standaarde te stem.

NEEM AMATEURRADIO SKOOL TOE GEKANSELLEER

Weens die gebrek aan belangstelling in die opstel van amateurradiostasies by skole op 8 Oktober, is die projek gekanselleer. Die opstelkompetisie waarin ’n leerder ’n Acer-skootrekenaar kan wen, gaan egter voort. Die nuwe sluitingsdatum is 15 November. Besoek www.amateurradio.org.za vir besonderhede.

VOORBEREIDINGS VIR WRK-11 BEGIN

Voorbereidings vir die Węreld-radiokonferensie 2011 het verlede week afgeskop. Die Departement van Kommunikasie het ’n tweedaagse konferensie aangebied om die lesse wat tydens WRK-07 geleer is, in oënskou te neem en om vir die 2011-konferendie voor te berei. Tans is daar een amateurradioverwante item op die WRK-11 se agenda, wat ’n nuwe toekenning rondom 500 kHz versoek. Die SARL is lid van die voorbereidende werkgroep wat in November vir die eerste keer vergader.

VERDWENE AMATEUR NA 25 JAAR MET VRIENDE VERENIG

Dit het alles begin toe Geoff, VK2KPK, in Australië die e-posadres van mike Bosch, ZS2FM, op hulle VK-BHF-NET raakgesien het. Maandag stuur VK2KPK e-pos aan ZS2FM waarin hy Mike se hulp vra om ‘n verdwene amateurvriend, Arthur White, wat jare gelede na Suid-Afrika verhuis het op te spoor.

Op Dinsdagoggend het ZS2FM die soektog aan die gang gesit.

Om 07:37 sit ZS2FM die onderwerp “MISSING HAMS” op envra om hulp.
Om 07:56 antwoord John Kramer, ZS5J, met ‘n roepsein ZS6BZD, vir ‘n Arthur White.
Om 09:29 verskaf Rassie Erasmus, ZS1YT, twee telefoonnommers.
Om 10:20 maak ZS2FM kontak met ‘n Arthur White, ZS6BZD, in Nigel

Nou kom die 64 duisendollarvraag, “Het jy ooit in Oman gewoon?” Die antwoord: “Ja, en ek ken vir Geoff en Mary!” Bingo, dit het drie uur geneem om ‘n amateur op te spoor wat vir 25 jaar weg was.

Geoff, VK2KPK, (ex-A4XIY) en Arthur, ZS6BZD, (ex-A4XIH) was amateurvriende in Oman totdat na Suid-Afrika verhuis het en Geoff na Australië teruggekeer het. Hulle het algehele kontak met mekaar verloor ten spyte daarvan dat Geoff baie pogings aangewend het om Arthur in Suid-Afrika op te spoor. ZS2FM het die nuwe adres en telefoonnommers van ZS6BZD per e-pos aan VK2KPK gestuur en wag nou op ‘n antwoord.

Kevin, ZS6KWD, het dit goed opgesom met sy kommentaar: “Hey mense, dit is wonderlik, dit is waaroor amateurradio gaan. Goed gedoen Mike, John en Rassie!”

SARL-KOMMUNIKASIE MET OKOSA

Lede van die SARL mag enige navraag vir OKOSA aan die SARL rig, behalwe sake in verband met rekenings en uitstaande geldsake. Die kantooradministrateur, Vee Antal, sal alle navrae op Maandae ‘n weeklikse basis aan OKOSA aanstuur. OKOSA sal buinne 7 werksdae antwoorde aan die SARL verskaf. Die SARL sal die antwoorde die volgende week sodra dit ontvang word, aan die betrokke persone stuur.

WęRELDRUIMTEWEEK 4 TOT 10 OKTOBER – ONTSYFER ‘N SLAGSPREUK

Ten einde kommunikasie via die AO-51 FM, LEO (Low earth orbit) satelliet gedurende die ruimteweek aan te moedig, sal ‘n interessante oefening plaasvind. Hierdie oefening is vir beide radioamateurs en luisteraars. Tydens kommunikasie met tot datum deelnemende stasies Hal, ZS6WB, Roy, ZS6MI, en Eddie, ZS6BNE, sal hulle lettergroepe uitsaai wat gebruik moet word om ‘n slagspreuk van vier woorde saam te stel. Ander stasies kan ook deelneem en lettergroepe uitsaai. Luister vir hulle op die efwaartse frekwensie van AO-51.

Die slagspreuke sal in Engels wees, en hier volg ‘n voorbeeld: Vir "Hams are great", sal Eddie byv. "eat", Echo Alpha Tango, aan Roy gee en aan Hal sę "gr", Golf Romeo. Gedurende ruimteweek sal iemand vir Roy en Hal moet hoor of met hulle kontak maak, via die AO-51-satelliet, die lettergroepe hoor en hulle saamstel om die woord “great”, of wat ookal, op te maak. Slegs Eddie, ZS6BNE, sal weet wat die slagspreuk is.

Indien U die slagspreuk teen 10 oktober ontsyfer het, of deur kontak met hierdie stasies, of deur net na hulle seine te luister, stuur jou antwoord aan zs6bne@nwinternet.za.org. Die suksesvolle deelnemer(s) se name sal in die daaropvolgende SARL-nuusbulletin bekend gemaak word.

Waar en wanneer moet geluister word? Vir frekwensies besoek www.amsat.org/amsat-new/echo/ControlTeam.php. Die afwaartse of luisterfrekwensie vir AO-51 is in elk geval 435,300 MHz+- 10 kHz vir Dopplereffek. Besoek www.amsat.org/amsat-new/tools/predict/ vir besonderhede aangaande verbyvlugte vir U QTH.

Let wel, moenie uitsaai tensy die satelliet nie nie ook die kenmerkende “quieting” van die FM-sein, soos die dragolf sterker word, kan hoor nie. Daar kan ook ander stasies, wat U nie kan hoor nie, in QSO wees. Sterkte en sukses!

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak die komende week baie laag gaan wees. Die geomagnetiese veld sal oor die algemeen stil wees tot 11 Oktober. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees. Die verwagte DX-toestande is goed vir die Noordelike rigtings maar vrotterig vir die hoofsaaklik Noord-Westelike paaie.Die goeie nuus is dat Kobus Olckers die frekwensievoorspellingsdiens is uitgebrei het met twee teikengebiede in Suid Amerika.

20 m is die beste keuse vir DX met moontlike 15 en 20 m-openinge vanaf 12:00 SAT na Indië. Daar is moontlike flou 40 en 80 m-openinge na Nieu-Zeeland om 19:00. Vanaf 06:00 is daar moontlike 20 m-openinge na Australië. Kontakte met Peru is om 08:00 vir 'n kort rukkie moontlik. Brasilië kan waarskynlik op 15 m vanaf 14:00 gewerk word. Vanaf ongeveer 14:00 is daar moontlike goeie 15 en 20 m-openinge na Europa. 10 m lyk of hy ook wil begin wakker word.

Kontakte met die VSA se Ooskus is op 15 m om 20:00 moontlik.

10 MHz lyk laatmiddag en na sonsonder bruikbaar vir die Morsekode- en digitale entoesiaste.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. 80 m behoort gedurende vroegoggend en laatmiddag goeie resultate oor die korter afstande, byvoorbeeld tussen ZS5 en ZS6, te lewer. 30 m sal gedurende die middel van die dag goeie resultate tussen ZS6 en ZS2 lewer.

Saans is 80 m die beste keuse. Met somer om die draai is dit is nou die ideale tyd om kontakte vir jou 80 m "Worked All ZS" te maak. Een van die dae is die donderstorms en statiese steurings weer terug.

Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou steeds kan verras. Skakel jou stel aan, luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

03 Oktober - Jongdamestoer van SA begin;
04 Oktober – Oosrand Vlooimark;
16 Oktober – Radioamateureksamen;
17 to 19 Oktober – CQ Hou Koers en JOTA;
15 November – Sluitingsdatum vir leerders se opstelkompetisie “Mensdom se bewoning van die maan: kan Amateurradio ‘n rol speel?”;
29 November – Kursus oor gebruik van PIC’s.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is, in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.
/EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003